Hamilton kry ereburgerskap van Brasilië

Die sewemalige Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, het in die hoofstad Brasilia ereburgerskap van Brasilië ontvang. Die Mercedes-renjaer het verlede jaar die Brasiliaanse Grand Prix by Interlagos ingepalm. Dit was sy derde sege op die baan waar hy sy eerste bestuurderstitel in 2008 opgeraap het. Die 37-jarige Hamilton het hierdie seisoen met sy Mercedes gesukkel en nog geen wedren gewen nie. Hy het die eerbetoning aan sy held, die Brasiliaan Ayrton Senna, opgedra: