1 miljardêr, 1 miljoen keer meer kweekhuisgasse as jy

‘n Studie het bevind ‘n miljardêr is verantwoordelik vir ongeveer ‘n miljoen keer meer kweekhuisgasse as die gemiddelde persoon. Die Britse liefdadigheidsorganisasie, Oxfam, het die beleggings van 125 van die wêreld se rykste mense ontleed. Daar is gevind hierdie beleggings veroorsaak jaarliks 3 miljoen metrieke ton koolstofdioksied per persoon, wat neerkom op ‘n miljoen keer meer as die gemiddeld van 2,76 ton per persoon vir die oorblywende 90 persent van die aarde se inwoners. Oxfam se woordvoerder, Nafkote Dabi, sê die superrykes se sogenaamde beleggingsuitstralings is gelyk aan die koolstofvoetspoor van groot lande.