Gustavo borg-uitspraak vanoggend verwag

Daar word verwag dat die hoërhof regter, Herman Oosthuizen vandag uitspraak sal lewer in die borgaansoek van die Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo. Sy prokureur Trevor Brockerhoff het tydens die aansoek gedurende die laaste week van November sy kommer uitgespreek oor sy kliënt se werklike betrokkenheid by die skandaal en het aan die hof gesê slegs 167 uit 338 getuies het iets oor Gustavo te sê. Intussen het sy vriende en familie gisteraand ‘n biduur gehou vir ‘n gunstige uitslag vandag en Namibiërs gevra om saam te bid vir Gustavo se vrylating.