Akkerbouraad kan niks aan duur vrugte doen nie

Terwyl die prys van vrugte en groente skerp gestyg het, is daar volgens berigte baie min wat die Namibiese Akkerbouraad daaraan kan doen. In Oktober is inflasie vir vrugte op 15,4 persent gemeet met avokado’s wat amper 66 persent duurder geword het. Die raad se skakelbeampte Auguste Fabian sê vrugte en groente word nie as stapelvoedsel geklassifiseer nie en dus, word die prys deur mark bepaal. Op die oomblik, is daar tekorte aan voorraad wat die prys opstoot maar, stygende produksiekostes dra ook by. Plaaslik is die enigste beskerming wat die produsente ontvang, die sluiting van grense vir invoere wanneer daar voldoende plaaslike voorraad is.