Gru-toestande op Vrystaatse leeuplaas: DBV ondersoek

Die buurland se Nasionale Dierebeskermingsvereniging het op verskeie oortredings van die Wet op die Beskerming van Diere op ‘n leeuplaas in die Vrystaat afgekom terwyl hulle besig was met ‘n inspeksie. Volgens die direkteur van die bewaringsorganisasie Four Paws, Fiona Miles, is ‘n hele aantal leeus in ‘n swak gesondheid gevind met geen toegang tot drinkwater nie en in hokke met ontbinde kos en bene. Sy sê hulle is geskok dat leeus steeds vir toerisme uitgebuit word. Miles sê die DBV is besig met ‘n omvattende ondersoek.