Klagtes oor betaling van kraamvoordele deur SSC, verduidelik

Kosmos 94.1 Nuus het ‘n klagte van ‘n lid van die publiek ontvang dat die Maatskaplike Voorsorgkommissie vir die afgelope 3 weke geen betalings vir kraamvoordele kan maak nie. Die luisteraar het ook gesê sy kry geen voldoende antwoord van die kommissie nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurder van kommunikasie Unomengi Kauapirura gepraat. Sy meen die publiek is ingelig dat daar ‘n vertraging sal wees as gevolg van ‘n sisteem-aanpassing.