Groter kans vir suikersiekte onder kinders wat Covid gehad het

‘n Amerikaanse studie toon dat kinders onder 18 wat Covid-19 opgedoen het, ‘n groter risiko het om suikersiekte te ontwikkel as kinders wat nie die virus gehad het nie. Die studie het gekyk na 81 000 kinders met ‘n gemiddelde ouderdom van 12 wat Covid gehad en ook 439 000 kinders onder 18 wat Covid opgedoen het. In die eerste datastel was ‘n suikersiekte diagnose 166 persent hoër en in die tweede stel, 31 persent hoër. Volgens die navorsers kan dit te doen hê met die impak wat Covid het op organe soos die pankreas.