Nog ploftoestelle gevind, ook in Khomas

Nampol doen ‘n beroep op lede van die gemeenskap om enige plofbare toestelle by die naaste polisiestasie aan te meld en om nie daaraan te raak nie. Owerhede het gedurende die maand, reeds verskeie van die toestelle in Oshana, Ohangwena, Kavango Wes, Erongo en ook Khomas gevind. Daar word beraam dat dit oorblyfsels is van die grensoorlog. Een AK-47, tien Russiese mortiere, agt vuurpylaangedrewe-granate en meer, is gevind. Die polisie sê meeste van die toestelle is in kommunale aanplantings gebiede, waar mense werk, gevind. Ander is deur kinders gevind.