Grootkoppe by farmaseutiese firmas moet betaal word op entstof-verspreiding

‘n Groep van 65 beleggers wat 3,5 triljoen Amerikaanse dollar se bates verteenwoordig, sê die grootkoppe by farmaseutiese maatskappye se salarisse moet gekoppel word aan die beskikbaarheid van Covid-entstowwe, regoor die wêreld. Reuters berig dat hy die versoekskrif gesien het wat aan die rade van Pfizer, Johnson en Johnson, Moderna en AstraZeneca gestuur is. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het onlangs sy kommer uitgespreek oor die hoë inentingsyfer in die ontwikkelde wêreld met talle lande wat reeds 70 persent dekking behaal het. Afrika sukkel nog aan op 10 persent.