Gelukkige einde vir geskende woef Tyson

Die nasionale raad van die DBV in Suid-Afrika sê ‘n ondersoek is aan die gang na ‘n voorval in Desember toe ‘n verdwaalde hond met gedeeltelik-afgesnyde ore na die dierehospitaal op Vryburg geneem is. Carmen Nel het die voorval onder die raad se aandag gebring, met die ore wat waarskynlik weggesny is sodat ander honde in georganiseerde hondegevegte minder vasbytplek kry. ‘n Raadswoordvoerder, Keshvi Nair, sê die hond wat die naam Tyson gekry het, het nou ‘n nuwe huis gekry ná ‘n operasie om sy gehoor te red: