2022 kort werkskepping, anders is dit meer van dieselfde

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie Daan Strauss sê dit is uiters moeilik om te bepaal of Namibiese besighede in 2022 ‘n beter jaar sal hê as wat die afgelope twee jaar was. Die jongste syfers dui aan dat meer as 14 000 mense hulle werk in 2020 en 2021 verloor het. Strauss sê werkskepping is die eerste en belangrikste stap.