Grondwaterkonferensie in die hoofstad

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Grondwaterbestuurs-instituut in samewerking met Namibiese landbouministerie en ander streeks- en internasionale vennote sal die vyfde SAOG Grondwaterkonferensie vanaf 16 tot 18 November in Windhoek aanbied. Die tema is “Groundwater: Making the Invisible Visible for Socio-Economic Development”. Die landbouministerie se woordvoerder Jona Musheko sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die Grondwaterkonferensie belangrik is.