Tender vir gloeilampe by Katutura-hospitaal bevraagteken

 ‘n Tender vir ligte vir die Katutura-hospitaal het wenkbroue laat lig. Die gesondheidsministerie vra die 34 items, almal gloeilampe vir verskeie sale tot en met 134 eenhede. Daar was 43 tenderaansoeke ingedien waarvan net nege van maatskappye wat tegnies van toepassing is, ontvang is. Die res is almal sogenaamde investment- of trading-maatskappye. Die koste van die ligte beloop vanaf net minder as 100 000 Namibiese dollar tot net meer as 506 000 dollar.