Grondbesettings in Whk: AR ‘was sy hande’

Talle gemeenskappe in die hoofstad is betrokke by die onwettige besetting van grond en verlede week en oor die naweek was daar verskeie pogings. Dit is asof druk op die munisipaliteit toeneem in die verband en daar is sommiges wat meen die feit dat Job Amupanda die burgemeester is, heelwat daarmee te doen het. Simon Amunime van die Affirmative Repositioning-beweging sê die stadsraad het ‘n vergadering belê om die krisis aan te spreek.