SANDF net daar om SABC-joernaliste te ‘beskerm’

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê die ontplooiing van sy lede by die SABC se kantore is gedoen op bevel van President Cyril Ramaphosa. Volgens woordvoerder Siphiwe Dlamini is opdrag gegee dat soldate by nasionale sleutelpunte geplaas word. Die openbare uitsaaier het die ontplooiing bevestig om fisiese teenwoordigheid by sy kantore te verseker. Woordvoerder Gugu Ntuli sê egter die korporasie ontken misleidende bewerings dat daar ‘n ander motief vir die teenwoordigheid van die weermaglede is: