Groenskemas sal nie werk as dit ‘n regeringsinisiatief is nie

‘n Swapo-dinkskrum is van mening dat die agt staatsbeheerde groenskemas aan streeksrade oorhandig moet word sodat werk geskep kan word en voedselsekuriteit kan verbeter. Die skemas het tot dusver onderpresteer en sommige is ‘n totale mislukking. Dr. Hoze Riruako, voorsitter van die Riruako-groep wat ook in landbou belê, sê groenskemas kan net sukses behaal as dit as besigheidsentiteit bedryf word. Hy verduidelik.