Filippyne wat nie ent nie en rondbeweeg, word gearresteer

Die Filippynse president, Rodrigo Duterte, het beveel dat oningeënte mense in hegtenis geneem word as hulle tuisbly-voorskrifte ignoreer wat gemik is op die bekamping van koronavirus-gevalle wat weens die Omikron-variant die hoogte inskiet. Daar word berig die regering het vandeesweek inperkings-regulasies verskerp in Manila en verskeie ander provinsies en stede. Oningeënte mense onder die hoofstad se 13 miljoen inwoners is opdrag gegee om tuis te bly, nadat gevalle die afgelope twee dae verdriedubbel het.