GRN se ‘geliefde’ Chinese maatskappy slaan nog ‘n tender los

Die Chinese maatskappy, Nami Prefabicated Housing, het ‘n tender van 3,96 miljoen Namibiese dollar van NamWater ontvang om voorafvervaardigde behuising op te rig. Die tender spesifikasies was net vir Namibies-geregistreerde entiteite. Die maatskappy is sedert 2011 bedrywig in die land en het miljoene verdien om eenhede te bou vir die gesondheidsministerie tydens die Covid-pandemie by verskeie hospitale regoor die land. Dit is ook nie bekend wat geword het van die ondersoek wat die finansministerie na die maatskappy se bedrywighede gelas het nie. ‘n Tender vir die oprig van tydelike howe van die ministerie van justisie is in 2017 teruggetrek na aantygings van korrupsie, nepotisme en meer. Volgens berigte was daar talle ongerymdhede en die tender is toegeken sonder die nakoming van prosedures.