Ferrari moord by Avis: Twee verskyn weer vandag

Die twee mans wat beskuldig word van die moord op Daniele Ferrari, wat in 2020 by Avisdam in Windhoek vermoor is, verskyn weer vandag in die laerhof in die hoofstad. Die twee selfoonrekords bewys dat hulle ten tyde die aanval by die dam was. Ferrari se persoonlike besittings is ook in hul besit gevind. Die moord het groot reaksie uitgelok. Ferrari, 52, het met sy honde gaan stap en is met ‘n panga aangeval. Getuies wat probeer keer het, is ook beseer. Kefas Iileka en Johannes Shetunyenga se borgtogaansoek het reeds in die hof begin. Volgens die ondersoekbeamte word die twee verdagtes verbind met Ferrari se moord, asook ’n geval van roof met verswarende omstandighede wat ’n paar dae voor die moord ook by die dam plaasgevind het.