Meatco-baas sê oor N$200m lening

Die hoof uitvoerende beampte van Meatco, Mwilima Mushokabanji het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die 200 miljoen Namibiese dollar wat in ‘n leningsfasiliteit vanaf die Ontwikkelingsbank van Namibië bekom is. Die maatskappy skuld volgens berigte miljoene aan plaaslike produsente en landbouminister Calle Schlettwein het ook onlangs die jongste syfers in die verband aangevra. Mushokabanji sê daar word met die geld belê in markontwikkeling, ook vir kleinvee.