Grense gesluit vir verskeie groente-produkte

Die Namibiese Akkerbouraad het die grense gesluit vir verskeie produkte tot einde Februarie. Daar is ‘n algehele verbod op die invoer van botterskorsies, Engelse komkommer, gekleurde en groen soetrissies, pampoen, konfyt-tamaties, kersie-tamaties, waatlemoen, spanspek en soetmielies. Die grens is oop vir kool, skorsies, uie en gewaste aartappels, met 47 persent beperking wat steeds geld. Die raad beheer invoere om te verseker dat plaaslike produsente toegang tot die mark het.