Uranium One verwelkom Nganate se aanmerkings oor uraan

Die kommunikasie konsultant van Uranium One, Riaan van Rooyen sê hulle verwelkom die kommentaar deur die Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate, wat ‘n beroep op Namibiërs doen om vrese oor uraan-ontginning in die streek te laat gaan en Uranium One te verwelkom. Nganate sê sou uraan-ontginning toegelaat word sal Leonardville heeltemal omskep word en daar is oor die algemeen baie voordele vir die hele streek. Die eksplorasiewerk is onlangs gestop deur landbouminister Calle Schlettwein. Hy het nie ‘n waterpermit aan die Russe toegeken nie en sê die Stampriet-bekken se bronne is te kosbaar om dit in ‘n risiko te plaas. Van Rooyen sê hulle stem volkome saam dat daar goeie voordele is.