GOOD Party ontevrede met begrotingsbesnoeiing in Kaapstad

Die GOOD Party in die Wes-Kaap het die Stad Kaapstad gekritiseer omdat salarisverhogings vir sy werknemers nie beplan is nie. Volgens GOOD sal besnoeiings van 480 miljoen rand gemaak moet word om vir die verhogings voorsiening te maak. Die stad het vroeër vanjaar misluk met sy aansoek om nie verhogings te betaal nie. Die party se woordvoerder, Suzzette Little, sê die stad moes die verhogings in ag geneem, en beter beplan het.