Nasionale Jeugraad vier Vrywillige Werkersdag by Grootfontein-staatshospitaal

Die Nasionale Jeugraad het Internasionale Vrywillige Werkersdag by die Grootfontein-statshospitaal gevier. Die dag word op 5 Desember herdenk om die harde werk van vrywillige werkers regoor die wêreld te herdenk en te bevorder. Die tema vir vanjaar is “Volunteer now for our common future.” Elia Nashandi, die diens se bestuurder vir vrywillige werk, sê aan Kosmos 94.1 Nuus vrywillige werkers maak van die wêreld ‘n beter plek.