Goewerneurs kom byeen in Zambezi 

Streeksgoewerneurs van regoor die land is tans in die Zambezi-streek vir hul jaarlikse goewerneurs-forum om kwessies wat verband hou met streeks-koördinering en -bestuur aan te pak. Die forum wat vandag afgeskop het, word gehou onder die tema: “Versterking van streeksbestuur.” Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het gesê die ministerie erken die belangrikheid van die goewerneurs-forum wat ‘n geleentheid bied om hul leierskap-spanne te versterk en te ontwikkel. Die 14 goewerneurs sal ook besoek aflê by Ngoma-grenspos met Botswana en die Liambezi-meer.