DA: Werksgeleenthede in die weegskaal weens beurtkrag

Die DA in Gauteng sê duisende werksgeleenthede in die provinsie is tans in die weegskaal weens die voortdurende beurtkrag wat Eskom toepas. Dit het ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie en moontlike beleggings-geleenthede in die privaat sektor. Dorianne Arendse van die DA sê die Gautengse Infrastruktuur-agentskap, wat die opdrag het om beleggings-geleenthede uit die privaat sektor te soek, se taak sal nog moeiliker word weens die onbestendige energie-netwerk.