DA: Regering staan in pad van diegene wat kragkrisis wil oplos

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê President Cyril Ramaphosa en sy regering staan in die pad van diegene wat in staat is om die kragkrisis op te los. Hy het sy party se kritieke beleids-ingrypings uiteengesit om die kragkrisis in Suid-Afrika op te los. Steenhuisen meen as die nasionale regering toelaat dat munisipaliteite ‘n rol speel, sal dit die druk op Eskom verlig. Hy het Ramaphosa aangemoedig om op te hou om ‘n struikelblok te veroorsaak.