GMO’s: Hou op reguleer

Die Suid-Afrikaanse landbou-sakekamer, Agbiz, sê hulle verskil van die regering se besluit in verband met die regulatoriese benadering tot nuwe kweek-tegnologie in Suid-Afrika. Hulle is egter steeds daartoe verbind om vanjaar met staatsdepartemente in gesprek te tree om ‘n regulatoriese omgewing te skep wat vernuwing bevorder. ‘n Woordvoerder, Karen Grobler, sê die besluit om alle produkte van geneties aangepaste organismes te reguleer, gaan verreikende gevolge hê, veral vir saadmaatskappye. Sy sê dit stel Suid-Afrikaanse boere se vermoë in gevaar om voedsel volhoubaar te produseer met ‘n minimum uitwerking op die omgewing.