Giulani moet voor groot jurie in Georgia verskyn

Rudy Giuliani, een van oudpresident Donald Trump se prokureurs, is deur aanklaers in die deelstaat Georgia meegedeel dat hy ‘n teiken is van die spesiale jurie wat ondersoek instel of Trump en sy bondgenote die wet oortree het in hul pogings om die 2020-verkiesingsuitslae in Georgia om te keer. Giuliani is op rekord dat hy glo die 2020 verkiesing is deur Trump gewen, en Trump het ook destyds met die deelstaat se sekretaris Brad Raffensburger die nou bekende gesprek gehad waar hy vra dat net meer as 11 000 stemme vir hom gevind moet word.