N$1,4 miljard word geskuld, NamWater sê meer voorafbetaalde stelsels kom

NamWater het aangekondig dat hy sy voorafbetaalde stelsel vir watervoorsiening verder sal uitbrei. Volgens die watervoorsiener word hy nou meer as 1,4 miljard Namibiese dollar geskuld. Talle plaaslike owerhede het sedert Maart 2020 ‘n groot ophoping van skuld aan NamWater ervaar as gevolg van die opdrag dat alle dorpsrade en munisipaliteite water moet voorsien aan inwoners, ongeag die stand van hul rekenings. Dit is volgens die regering genoodsaak deur die pandemie. Rundu het reeds ‘n voorafbetaalde waterstelsel by NamWater.