Bain moes direk met SARS kontak gemaak het – kenner

‘n Suid-Afrikaanse politieke ontleder vind dit vreemd dat die konsultasiemaatskappy, Bain and Company, nie na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uitgereik het nadat hy ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om na sy kant van die saak te luister nie. Dit volg ná die staatskapingsverslag se verdoemende bevindings oor sy omstrede werk by die Ontvanger. Die maatskappy sê in ‘n verklaring hy was skaam oor die rol wat hy gespeel het om die Suid-Afrikaanse belastingagentskap onbestendig te maak. ‘n Politieke kommentator by Public Interest SA, Tebogo Khaas, sê Bain moes regstreeks met die Inkomstediens gepraat het: