GIPF stel nie belang om Grove te bekom nie

Die Staatsinstellings Pensioenfonds sê hy stel nie belang om die Grove Mall of Namibia, waar hy eens ‘n belang van 33 persent  gehou het, te bekom nie. Die aankondiging kom te midde van aanduidings dat Atterbury Property Holdings, in gesprek is om die winkelsentrum aan Zimbabwiese beleggers, hoofsaaklik pensioenfondse, te verkoop. Verslae uit Zimbabwe toon dat Stratus Capital Partners en Bard Santner Markets ‘n transaksie van 1,8 miljard Namibiese dollar bemiddel om die eiendom te bekom. David Nuyoma, hoof uitvoerende beampte van die fonds sê sy batebestuurders het nie belangstelling uitgespreek nie. Die fonds het sy belang in die Grove in 2017 vir met meer as 300 miljoen Namibiese dollar verkoop uit ‘n aanvanklike belegging, volgens Nuyoma, van byna 100 miljoen dollar.