Gewapende aanvallers bevry 266 gevangenes in Nigerië

Swaar gewapende aanvallers het op ‘n tronk in suid-sentraal Nigerië toegeslaan, die omheining opgeblaas en 266 gevangenes bevry. ‘n Soldaat en ‘n polisiebeampte is in die aanval dood en dis nie bekend waar twee wagte hulle bevind nie. Slegs 28 gevangenes kon nie wegkom nie. Internasionale nuusagentskappe berig die aanval Sondagaand laat is die tweede groot inbraak vanjaar by ‘n tronk in Nigerië. Die land word geteister deur verskeie veiligheidskwessies soos gewapende bendes, Islamitiese insypelings en massa-ontvoerings.