Aston Martin sê binnekort oor Vettel

Die Aston Martin-span se eienaar, Lawrence Stroll, sê ‘n aankondiging oor die Formule-Een-bestuurder, Sebastian Vettel, se toekoms kan binnekort verwag word. Hy sê hulle wil die viermalige wêreldkampioen ná volgende jaar nog in hulle span hê. Vettel het aan die einde van verlede jaar Ferrari verlaat en by Aston Martin aangesluit. Hy is ná 14 wedrenne tans 12de in die 2021-kampioenskap.