Gestrande diepsee dolfyn by Gqeberha uitgesit

‘n Veearts moes ‘n diepsee streepdolfyn vroeër vandag uitsit waar dit op die Gqeberha-seefront gestrand het. Na wat berig word, het die dolfyn homself keer op keer laat strand ten spyte van reddingspogings. Die dolfyn is uitgesit na die tweede stranding op Milnerstrand. Kenners het saamgestem dit sou nie help om hom weer vry te stel nie, aangesien hy al swakker geword het en met die eerste stranding beseer is. Daar word gemeen die diepsee dolfyn was verward so naby aan die kus en het dalk gestrand weens ‘n fout in sy natuurlike navigasie-stelsel.