Verlies aan ys in die Arktiese Oseaan lei tot inteling by ysbere

ʼn Nuwe studie in die vaktydskrif Proceedings of the Royal Society B sê die verlies aan ys in die Arktiese Oseaan veroorsaak inteling by ysbere wat al klaar sukkel om in hierdie gebied te oorleef. Volgens navorsers was daar groot demografiese veranderings onder die bere met genetiese verskille wat in 2016 tien persent laer was as in 1995. Hulle sê dis kommerwekkend aangesien oopwater-grense vir lang tye die bere verhoed om na ander subgroepe te migreer om te paar en dit veroorsaak inteling.