Bejaarde moordenaar 14 jaar tronk toe

Regter Orben Sibya het vandag in die Windhoekse hoërhof die 73-jarige Jan Donald Bruwer tot 14 jaar gevangenisstraf gevonnis, nadat hy sy stiefskoonseun, Henry Mouton, op 29 November 2014 op hul familieplaas naby Schlipp in die Hardap-streek doodgeskiet het. Bruwer het onskuldig gepleit.