Gesondheidsministerie brei sy dienste uit

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het gesê daar gaan intensiewesorgeenhede by gesondheidsfasiliteite gebou word. Tans is daar net hoësorgeenhede by die Onandjokwe-hospitaal in die Oshikoto-streek, Oshakati in die Oshana-streek en die Windhoek Sentrale hospitaal. Die Keetmanshoop-staatshospitaal gaan in Oktober ‘n eenheid kry en daarna Katima Mulilo-staatshospitaal, en die staatshospitale op Outapi, Otjiwarongo, Gobabis, Mariental, Engela, Opuwo en Nankudu in Kavango-Wes. Shangula sê gesondheidsfasiliteite word uitgebrei om almal te dien.