Shifeta gee oorsig oor brande

Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het terugvoering oor die verwoestende veldbrande in die land in die Nasionale Vergadering gegee. Hy het gesê sowat 93 persent van die Daan Viljoen Nasionale Park wes van Windhoek is deur brande verwoes, in die Oshana-streek het 60 000 hektaar grasland afgebrand, en in September het sowat 45 000 hektaar in die Omusati-streek en 10 500 hektaar weiveld in die Ohangwena-streek afgebrand.