George vra noodbefondsing na vloede

Die munisipaliteit van George het noodbefondsing ten bedrae van 750 miljoen rand aangevra ná die verwoestende vloede wat 800 verarmde gesinne in ‘n desperate situasie laat beland het. Twee weke terug het 148 millimeter reën klinieke, skole en sake-ondernemings gedwing om tydelik te sluit. Die openbare busstelsel in George is ook geraak weens strate wat oorstroom het. Daar was hierdie week weer swaar reën in die Suid-Kaap.