Suid-Afrikaanse Lugmag se Gripen-vegvliegtuie tydelik gehok

Die Suid-Afrikaanse Lugmag se Gripen-vegvliegtuie is glo tydelik gehok weens ‘n gebrek aan befondsing en instandhouding, en ondersteuningskontrakte wat nie betyds hernu is nie. Volgens defenceWeb het ‘n befondsingskrisis wat die lugmag raak, ook veroorsaak dat die diensbaarheid van ander vliegtuie, insluitend Oryx-helikopters en Hercules-vervoervliegtuie, afgeneem het. Die departement van verdediging het bevestig deurlopende samesprekings oor die Gripen-instandhoudingskontrak het die land se lugverdedigingsvermoë negatief beïnvloed.