Stad Tshwane sal onbesette grond verder monitor

Die Stad Tshwane sal onbesette grond verder monitor om onwettige besettings in die stad hok te slaan. ‘n Woordvoerder van die Stad, Sipho Stuurman, sê grondbesettings op private of openbare grond steel die eiendomsregte van alle inwoners. Hy voeg by dat inwoners aangemoedig word om besettings by die Tshwane-metropolisie aan te meld.