Geingob twiet Kersboodskap van omgee en deel voor hy plaas toe gaan

President Hage Geingob het Namibiërs ‘n geseënde Kersfees toegewens en bygevoeg dat dit ‘n tydperk is van deel, empatie, liefde en omgee. Op sy Twitter-platform het hy lede van die publiek gevra om Covid-maatreëls na te kom en om die Covid-inenting te neem. Hy het ook gevra dat almal die padreëls nakom en veilig by hulle bestemmings uitkom. Geingob vier tradisioneel Kersfees op sy plaas naby Otjiwarongo in die Otjozondjupa-streek waar hy met bees boer en ook aanplantings doen.