Geingob ontken onmin tussen hom en adjunk-premier

Namibiese President Hage Geingob het plaaslike mediaberigte ten sterkste verwerp wat beweer dat daar onmin tussen hom en die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah is. Volgens ‘n mediaverklaring van die presidensie is Nandi-Ndaitwah tans saam met die President wat die vergadering van staatshoofde van die Statebond in Kigali, Rwanda, bywoon. Nandi-Ndaitwah het Geingob ook verlede maand na die Wêreld Ekonomise Forum in Davos, Switserland, vergesel. Trouens, die President het die afgelope twee maande twee buitelandse missies onderneem en die adjunk- eerste minister was deel van albei missies.