Stryd om Curriebeker voor volgepakte stadion

Rugby: Vir die eerste keer in die moderne geskiedenis van die sport pak twee onbesonge spanne mekaar vanmiddag om as die Curriebeker-kampioen gekroon te word. Griekwas en die Pumas het albei reeds voorheen naby gekom, maar nog nie só naby nie. Griekwas het die beker lank terug in 1970 gewen maar toe was dit nog ʼn amateursport. Vir die eerste keer sedert die Covid-beperkings ingestel is, wag daar ook ʼn volgepakte stadion van meer as 12 000 toeskouers op die twee spanne. Die wedstryd skop om drie-uur af.