MVA sê verwysingshospitale is van kritieke belang

Tot en met verlede jaar het Namibië 34 distrikshospitale en vier intermediêre- en verwysingshospitale gehad, volgens die gesondheid-ministerie se webwerf. Die land het vyf verwysingshospitale uit 34 distrikshospitale, insluitend Windhoek Sentrale Hospitaal, wat as ‘n nasionale verwysingsfasiliteit beskou word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die senior bestuurder van die inbelsentrum en nooddienste by die Motorvoertuigongelukkefonds, Ruben Uupindi, oor die belangrikheid van die verwysingshospitale veral met die mislukte Otjiwarongo-hospitaal wat in die nuus is.