Graceland se veiling ter syde gestel

’n Regter in Tennessee het ’n beplande veiling van Graceland, die voormalige tuiste van die sanger Elvis Presley, geblokkeer. Die herehuis was die middelpunt van ‘n dispuut tussen Presley se kleindogter, die aktrise Riley Keough, en ‘n maatskappy wat eienaarskap geëis het nadat hy gesê het die boedel het versuim om ‘n lening terug te betaal. Keough het Graceland en ’n groot deel van Presley se boedel geërf nadat haar ma, Lisa Marie Presley, verlede jaar dood is. Naussany Investments het beweer Lisa Marie het die eiendom as kollateraal gebruik vir ‘n lening van 3,8 miljoen Amerikaanse dollar wat nooit terugbetaal is nie. Hulle het beplan om dit Donderdag op ‘n veiling te verkoop.