Binnelandse sake voer klopjag uit op fabriek in Chinese besit

‘n Klopjag is op ‘n fabriek in Alberton in Ekurhuleni uitgevoer tydens ‘n optrede gelei deur binnelandse sake. Die fabriek in Chinese besit het na bewering 51 buitelandse werkers in toestande van amperse slawerny aangehou. Volgens minister Aaron Motsoaledi het amptenare reageer op inligting van ‘n fluitjieblaser. Die minister sê ‘n vermoede van mensehandel word ook ondersoek.