Geen vloedskade tot dusver by plase by Aussenkehr aangerig

Die Oranjerivier is ná die goeie reën in Suid-Afrika in vloed en vloei sterk by Aussenkehr waar grootskaalse druiwe- en dadelplase is. Die Distrikspad 212 tussen Rosh Pinah en Aussenkehr is tans tot verdere kennisgewing gesluit. Die Paaie-owerheid sê die watervlakke by veral die Visrivierbrug het sy maksimum hoogte bereik. Steven Reid, produksiebestuurder by Desert Fruit by Aussenkehr, sê aan Kosmos 94.1 Nuus tot dusver is daar geen skade aangerig nie.