23 jaar met ‘n dooie man se identiteit

‘n Ondersoek na ‘n kajuitbemanningslid van United Airlines het onthul die Brasiliaanse burger, Ricardo Cesar Guedes, het 23 jaar lank onder ‘n vals naam vir die lugredery gewerk. Volgens federale hofrekords het die vlugkelner die identiteit gesteel van die Amerikaans-gebore William Ericson Ladd wat in 1979 in ‘n motorongeluk dood is. Guedes het Ladd se identiteit in 1998 aangeneem en suksesvol om ‘n Amerikaanse paspoort aansoek gedoen. Guedes is daarvan aangekla dat hy ‘n vals verklaring in ‘n paspoortaansoek verskaf het en homself valslik as ‘n Amerikaanse burger voorgedoen het.